R1,740,000

R1,740,000

3 Bedroom Retirement Unit For Sale in Mookgopong
3
Bedrooms
2
Bathrooms
1
Garages
Suzette Van Staden
Suzette Van Staden

Pragtige 3-Slaapkamer Huis in Die Oog Aftree Landgoed – ’n waarborg vir Rustige Aftrede!

Web Ref. BSH-RS00764
Floor size 112.00 m²
Monthly Bond Repayment
R17,960.07
Pragtige 3-Slaapkamer Huis in Die Oog Aftree Landgoed – ’n waarborg vir Rustige Aftrede!

Hierdie netjiese, goedbeplande 3 slaapkamer, 2 badkamer huis in die gewilde Die Oog Aftree Landgoed bied alles wat jy nodig het vir 'n gemaklike en sorgvrye aftrede.
Die huis is ideaal vir diegene wat bietjie wil afskaal, maar steeds ruimte en leefgerief verlang. Die lieflike tuin is ’n ware paradys vir die kranige tuinier – hier kan jy na hartelus plant, snoei en spog met jou groen vingers! Die patio met ingeboude braai, wat uitkyk oor die tuin, is perfek vir rustige oggende met koffie of gesellige kuieraande saam met familie en vriende.
Sodra jy van die toesluit motorhuis deur die hekkie stap, word jy verwelkom deur ’n oopplan kombuis, eet- en sitkamer area. Groot skuifdeure laat natuurlike lig instroom en lei jou direk na die patio en tuin – die ideale binne-buite leefruimte!
Die uitleg is prakties:
• Gastekamer 1 is aan die linkerkant van die gang,
• Gastebadkamer aan die regterkant,
• Gastekamer 2 volg aan die linkerkant,
• en aan die einde van die gang is die ruim hoofslaapkamer met sy en-suite badkamer.
Al drie slaapkamers spog met groot vensters wat uitkyk op die netjies versorgde tuin, wat aan die huis ’n rustige en natuurlike gevoel gee.
Hierdie huis kom boonop met 9 sonpanele, 2 batterye van 11Kv, en ’n inverter (5Kv)– vir daardie gemoedsrus wanneer die krag af is. Daar is ook ’n bystand 190 lit watertenk vir ekstra gerief. Nog 'n gerieflike byvoeging is 'n 200 liter Solar Geyser.
Gevestig in ’n stil gedeelte van die landgoed en uitstekend geleë, is hierdie eiendom ’n seldsame aanbod teen ’n mededingende prys.
Moet dit nie misloop nie – eiendomme soos hierdie is skaars! Kontak ons vandag om jou plek in hierdie vreedsame aftreeparadys te bespreek!
Monthly Levy R4,200
Monthly Rates R1,300
Total R5,500

Features

Interior
3 Bedrooms
2 Bathrooms
1 Kitchen
1 Lounge
1 Dining Room
Exterior
1 Garage
4 Parkings
Pool
Sizes
Floor Size 112 m²
Additional Amenities
24 Hour Response
Backup Water
Built In Braai
Family / TV Room
Electric Fencing
Garden
Paveway
Security Post
9 Solar panele
2 batteries
5 kVa Inverter
2 11Kv batterye
190 lit water tank
200 Liter Solar Geyser
Listing Info
Date Listed 19-05-25
Time Listed 07:29

Finance

Total Amount Repayable
R0,00
Monthly Repayment
R0,00
Calculators:
Can't find what you're
looking for?

Disclaimer

While every effort will be made to ensure that the information contained within the Century 21 South Africa website is accurate and up to date, Century 21 South Africa makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.