R1,640,000
R1,640,000
2
Bedrooms
2
Bathrooms
1
Garages
Gerieflike 2-Slaapkamer, 2-badkamer in Die Oog Aftree Landgoed -deaal vir afskaal met genoeg ruimte
GERIEFLIKE 2-SLAAPKAMER 2 BADKAMER HUIS TE KOOP IN DIE OOG AFTREE LANDGOED
Hierdie aftreehuis bied die ideale balans tussen gemak en leefruimte – perfek vir 'n paartjie wat wil afskaal sonder om op leefkwaliteit in te boet. Die woning beskik oor twee slaapkamers, twee badkamers (waarvan een en-suite is), 'n toesluit motorhuis 2 ekstra afdakke, 6 solar panele, inverter en battery – alles in 'n veilige en rustige omgewing.
INDELING EN LEEFSPASIE
Wanneer jy die voordeur betree, word jy verwelkom deur 'n oopplan leefarea wat dadelik ‘n gevoel van ruimheid en gemak skep. Links is die netjiese kombuis met genoeg kasruimte. Reg voor jou is die eetarea, en verder links lei die ruimte natuurlik in na die sitkamer. Vanuit die eetkamer is daar toegang tot die motorhuis – uiters gerieflik, veral vir inkopies of slegte weer.
Reg voor jou maak glasdeure oop na die buitearea – ‘n lieflike stoepie met ingeboude braai, afdak en seile wat dit bruikbaar maak in alle weersomstandighede. Hierdie buitelugruimte is ideaal vir gesellige kuiers of rustige oggendkoffie.
SLAAPKAMERS EN BADKAMERS
Die sitkamer lei links na die tweede slaapkamer – perfek vir gaste – met die gastebadkamer net regs daarvan. Die hoofslaapkamer is aan die regterkant van die sitkamer geleë en bied ruim spasie vir selfs 'n koninggrootte bed. Ingeboude kaste weerskante van die kort gangetjie lei na die en-suite badkamer met stort, wasbak en toilet – prakties en stylvol.
LEEF IN DIE HART VAN DIE BOSVELD
Die Oog Aftree Landgoed bied nie net veiligheid en gemeenskap nie, maar ook ‘n unieke natuurlike omgewing. Saans kan jy luister na die roep van die wolstert-nagaap, klein nagapies, uile, bosbokke en selfs die huil van jakkalse uit die Landgoed se natuurreservaat – ‘n herinnering aan hoe bevoorreg mens is om in die Bosveld te woon.
GERIEWE EN GEMEENSKAP
Die warmwater swembad, volledige sorgeenheid, restaurant en winkeltjie dra by tot die uitsonderlike gerief van die oord. Naboomspruit, net 16 km van Die Oog af, bied verdere geriewe – insluitend ‘n Checkers wat 60/60 aflewerings by Die Oog doen, asook apteke wat medikasie en voorskrifte daagliks aflewer.
Die warmwater swembad is ‘n gunsteling onder inwoners – ‘n plek waar jy nuwe vriende kan ontmoet of eenvoudig stil kan ontspan onder die Bosveld se helder maan en sterre.
AKTIWITEITE EN LEWENSTYL
Die saal is daagliks aktief met oefenklasse soos Pilates, stoelpilates, MAP-oefeninge, strekklasse en lyndans vir beginners en gevorderdes. Daar is aktiwiteite soos jukskei, putt-putt, voëlkyk- en boomkykgroepe, fietsry, draf en natuurstappe in die natuurreservaat – ideaal vir diegene wat hul aftrede aktief wil leef.
Die gemeenskap is hegte en ondersteunend – soos 'n uitgebreide familie. Die eetsaal bied daagliks smaaklike, bekostigbare boerekos wat mense byeenbring om stories te deel. Die restaurant en stoeparea bied ook pooltafels en gereelde spesiale aanbiedinge vanaf die spyskaart.
Hierdie huis bied meer as net 'n dak oor jou kop – dis 'n leefstyl.
Die Oog laat die leuse “aktiewe aftrede” werklikheid word, en hierdie woning is die perfekte plek om die volgende hoofstuk van jou lewe mee te begin – van wysheid tot grysheid.
Skakel my gerus vir 'n persoonlike besigtiging of meer inligting.

Features
Interior
Exterior
Sizes
Additional Amenities
Listing Info
Finance
Total Amount Repayable
R0,00
Monthly Repayment
R0,00
Calculators:
Disclaimer
While every effort will be made to ensure that the information contained within the Century 21 South Africa website is accurate and up to date, Century 21 South Africa makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.