R1,260,000
R1,260,000
3
Bedrooms
3
Bathrooms
Netjiese en gerieflike 3-Slaapkamer Huis met in Veilige Golf Park Kompleks – Naboomspruit

Hierdie pragtige siersteenhuis in die gewilde Golf Park-kompleks bied die ideale kombinasie van ruimte, gerief en styl. Die woning beskik oor drie ruim slaapkamers, elk met en-suite badkamers, wat privaatheid en gerief vir elke gesinslid of gas verseker. Die hoofslaapkamer het ‘n en-suite badkamer met bad, wasbak en toilet, terwyl die gastekamers toegerus is met stort, wasbal en toilet.
Die oorspronklike dubbelmotorhuis is professioneel omskep in ‘n uiters ruim slaapkamer met sy eie badkamer (toilet, stort en wasbak), ideaal vir ‘n tiener, ouer persoon of selfs ‘n tuiskantoor.
Die huis het ‘n oopplan-leefarea wat die sitkamer en eetkamer insluit – perfek vir vermaak en gesinslewe. Die kombuis is ‘n uitblinker met soliede houtkaste en ‘n losstaande eiland op wiele wat beide styl en funksionaliteit bied. Die toegeboude stoep agter die kombuis kan dien as ‘n afsonderlike opwas- en wasarea – ‘n slim oplossing wat jou kombuis netjies en funksioneel hou.
Die sitkamer lei na ‘n tweede toegeboude knus stoep, ideaal om te lees, te ontspan of bloot die lieflike tuin te geniet. ‘n Ingeboude braai onder skadunet maak dit maklik om gaste buite te onthaal. Die erf spog met ‘n goed gevestigde groentetuin, grenadillaprieël, en ‘n verskeidenheid vrugtebome insluitend avo-, papaja-, vye-, lietsjie- en suurlemoenbome.
Praktiese kenmerke sluit in:
• Twee 2500L JoJo-tenks met drukpomp
• Prepaid water- en elektrisiteitsmeters
• Tandem motorhuis met rakspasie en plek vir twee voertuie agtermekaar
• Lae heffings van slegs R250 per maand – sluit sekuriteit en instandhouding van die kompleks in
Hierdie woning bied uitstekende waarde en is ideaal vir eerste kopers, gesinne of afgetredenes wat op soek is na veiligheid, ruimte en 'n aktiewe tuinlewe.
Moenie hierdie unieke geleentheid misloop nie – kontak ons vandag nog om jou besigtiging te bespreek.

Features
Interior
Exterior
Sizes
Additional Amenities
Listing Info
Finance
Total Amount Repayable
R0,00
Monthly Repayment
R0,00
Calculators:
Disclaimer
While every effort will be made to ensure that the information contained within the Century 21 South Africa website is accurate and up to date, Century 21 South Africa makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.