R850,000
R850,000
2
Bedrooms
2
Bathrooms
Is jy op soek na stilte, vrede en veiligheid? Hierdie 2-slaapkamer, 2-badkamer grasdakhuisie is net
EXCLUSIVE MANDATE - Is jy op soek na stilte, vrede en veiligheid? Hierdie 2-slaapkamer, 2-badkamer grasdakhuisie by die gewilde Die Oog aftree landgoed, is net vir jou!
Hierdie oulike grasdakhuisie bied jou die perfekte kombinasie van gerief, natuur en gemeenskapslewe – ‘n ware juweel geleë in die gewilde Die Oog Aftree-oord. As jy op soek is na rus, afskaal maar nog genoeg ruimte, dan is hierdie eiendom jou volgende tuiste.
Wanneer jy deur die voordeur instap, word jy begroet deur 'n knus sitkamer met die kombuis aan jou linkerkant. Die kombuis is ruim en hier is meer as genoeg kaste en pakplek, ‘n ontbythoekie en plek vir ‘n yskas – graniet blaaie is nog ‘n positiewe byvoeging en genoeg werksruimte vir enige kosliefhebber! Daar is ‘n “counter top” stofie met ‘n oondjie.
Die gastekamer is aan die linkerkant vanuit die kombuis met ingeboude kaste en die gaste badkamer net om die draai. Hierdie badkamer is toegerus met ‘n hoekbad, wasbak, toilet en plek vir ‘n wasmasjien. Die hoofslaapkamer het ingeboude kaste en ‘n en-suite badkamer met ‘n stort, wasbak en toilet vir maksimum privaatheid en gerief. Daar is ook ‘n inloopkas in die hoofslaapkamer as ekstra bonus.
Die gesellige privaat tuintjie groet jou wanneer jy deur die glasskuifdeur na buite stap. Hier wag ‘n klein lapa toegemaak met seile wat jy kan laat sak of oprol om altyd die beste te maak van enige weersomstandighede. Die Oord wemel met natuurlewe: apies, bokkies, voëls en nagdiertjies wat gereeld hul verskyning maak. Dis ‘n plek waar jy werklik kan asemhaal en die stilte indrink.
Die huis beskik ook oor een staalafdak, ideaal vir 1 voertuig.
Die Oog bied meer as net ‘n huis – dit bied ‘n lewensstyl. Die oord beskik oor ‘n verswakte sorg-eenheid wat nou nog aangevul en uitgebrei gaan word deur die SAVF wat aangesluit het by Die Oog as ontwikkelaar en ‘n gemeenskap wat leef volgens die leuse: “aktiewe veroudering”. Hier kan jy deelneem aan Pilates, water-aerobics, lyn-dansklasse, jukskei, putt-putt, voëlkykuitstappies, en natuurlik stap in die natuurreservaat op die perseel. Die warmwaterswembad is ‘n gunsteling, en die gemeenskapsgees is iets besonders – ‘n plek waar jy deel voel van iets groter, waar mense omgee en vriendskappe blom.
Dis tyd om jou voete uit te skop en die lewe te geniet. Jou nuwe huis wag op jou – kom beleef dit self!

Monthly Levy
R3,700
Features
Interior
Exterior
Sizes
Listing Info
Finance
Total Amount Repayable
R0,00
Monthly Repayment
R0,00
Calculators:
Disclaimer
While every effort will be made to ensure that the information contained within the Century 21 South Africa website is accurate and up to date, Century 21 South Africa makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.