R1,750,000

R1,750,000

3 Bedroom House For Sale in Mookgopong
3
Bedrooms
2
Bathrooms
1
Garages
Suzette Van Staden
Suzette Van Staden

Netjiese en moderne 3 Slaapkamer, 2 badkamer huis by Die Oog Aftree Landgoed

Web Ref. BSH-RS00834
Floor size 132.00 m²
Monthly Bond Repayment
R17,471.64
Netjiese en moderne 3 Slaapkamerhuis by Die Oog Aftree Landgoed

Hierdie pragtige en uitstekend versorgde 3-slaapkamer, 2-badkamer (een en-suite) woning bied alles wat nodig is vir ‘n gemaklike en aktiewe aftreestyl in die hart van die gewilde Die Oog Aftree Landgoed. Dit sluit ook Solar en Solar Geyser in!

Wanneer jy by die voordeur instap, verwelkom die ligte oopplan kombuis en sit-/eetkamer jou. Die kombuis is modern en prakties, met granietblaaie, volop kasruimte en ‘n deur wat direk lei na die wasgoedarea met wasbak en hekkie na die agtertuin. Vanuit die leefarea lei ‘n skuifdeur na ‘n gesellige patio met ingeboude braai en ‘n netjiese tuintjie – perfek vir rustige oggende of kuiers saam met vriende.

Uit die kombuis loop ‘n kort gang na die slaapkamers:
Aan die linkerkant is die eerste, kleiner slaapkamer, wat ideaal is as kantoor of studeerkamer.
Regs is die ruim tweede slaapkamer, en weer links die volledige gastebadkamer met bad, stort, wasbak en toilet.

Heel aan die einde van die gang is die privaat hoofslaapkamer met volop ingeboude kaste wat ‘n gang vorm na die en-suite badkamer met stort, wasbak en toilet. Hierdie twee kamers kyk uit op die lapa en braai-area – ‘n rustige uitsig waar jy dikwels njalas kan sien wei teen die heuwel 'n entjie skuins voor die huis, met volop voëllewe wat bydra tot die natuurskoon.

Die enkelmotorhuis is van binne toeganklik via ‘n deur in die kombuis/eetkamer, en die afdak voor die motorhuis bied ekstra parkeerplek vir ‘n tweede voertuig of golfkar.

Hierdie woning is instapklaar – net kom intrek, ontspan, en begin leef! Dit is die ideale tuiste om jou “silwer jare” voluit te geniet in ‘n veilige, aktiewe en sosiale gemeenskap.

Leefstyl by Die Oog Aftree Landgoed

Die Oog bied ‘n lewenstyl van gemak en geselligheid met geriewe soos ‘n warmwater swembad, sorgeenheid, restaurant en winkeltjie. Met Naboomspruit slegs 16 km weg – en ‘n Checkers 60/60-aflewering diens wat tot by die landgoed kom – is inkopies en noodsaaklike dienste binne maklike bereik. Plaaslike apteke lewer ook daagliks voorskrifte en medikasie af.

Die gemeenskap is lewendig en vriendelik – mense geniet dit om saans in die warm mineraal-swembad te ontspan, vriende te ontmoet of bloot die stilte, vars lug en helder sterrehemel in te neem.

In die aktiwiteitssaaltjie word daagliks ‘n verskeidenheid oefen- en ontspanningsprogramme aangebied, insluitend Pilates, stoel-Pilates, MAP- en strek-oefeninge, asook lyndans vir beginners tot gevorderdes. Vir die meer avontuurlustiges is daar jukskei, putt-putt, voël- en boomkyk-groepe, asook fietsry-, draf- en stapgroepe wat gereeld uitstappies in die natuurreservaat reël.

Of jy nou saam met ander uitstappies geniet of rustig op jou eie ‘n piekniek hou, Die Oog bied die perfekte balans tussen aktiwiteit en rus.

In die restaurant en eetsaal word heerlike boerekos teen bekostigbare pryse bedien – ‘n gewilde kuierplek waar inwoners saam eet en stories deel. Daar is selfs pooltafels op die stoep en ‘n spyskaart wat daagliks wissel, met spesiale aanbiedinge wat elke smaak en begroting pas.

Die Oog Aftree Landgoed is werklik ‘n plek waar die leuse “aktiewe aftrede” lewe kry – en hierdie woning bied die perfekte balans tussen gerief, natuur en gemeenskap.

Skakel my gerus om ‘n afspraak te maak vir ‘n besigtiging en om meer oor hierdie unieke eiendom te hoor.

Vrywaringskennisgewing:
Inligting op hierdie webwerf word te goeder trou verskaf en geag akkuraat te wees tydens publikasie. Die agent en agentskap aanvaar geen aanspreeklikheid vir foute, weglatings of veranderings nie. Koper(s) word aangeraai om alle besonderhede self te verifieer.
Monthly Levy R4,406
Monthly Rates R1,430
Total R5,836

Features

Interior
3 Bedrooms
2 Bathrooms
1 Kitchen
1 Lounge
1 Dining Room
Exterior
1 Garage
1 Parking
Sizes
Floor Size 132 m²
Additional Amenities
24 Hour Response
Built In Braai
Electric Fencing
Garden
Paveway
Security Post
Solar
Solar Geyser
Listing Info
Date Listed 29-10-25
Time Listed 20:27

Finance

Total Amount Repayable
R0,00
Monthly Repayment
R0,00
Calculators:
Can't find what you're
looking for?

Disclaimer

While every effort will be made to ensure that the information contained within the Century 21 South Africa website is accurate and up to date, Century 21 South Africa makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.