R590,000
                    
                    R590,000
                        
                        2
                      
                      Bedrooms
                    
                        1
                      
                      Bathrooms
                    
                        1
                      
                      Garages
                    Ideale 2 slaapkamer, 1 badkamer Aftreehuis of Eerste Tuiste vir Jong Paartjie
                      Ideale Aftreehuis of Eerste Tuiste vir Jong Paartjie
Hierdie netjiese 2-slaapkamer, 1-badkamer meenthuisie met groot ekstra vertrek wat as Tv- of Familie-kamer en selfs ekstra slaapplek aangewend kan word,is die ideale aftreeplek, of perfek as eerste huis vir ‘n jong paartjie.
By die ingang van die eiendom word jy verwelkom deur ‘n knus tuintjie, (op die stadium 'n "leë canvas" waar jy jou eie stempel kan kom afdruk) – groot genoeg vir die entoesiastiese tuinier om ‘n pragtige tuin aan te lê, of eenvoudig om net gras aan te plant en dit minimalisties te hou.
Vanaf die stoepie, toegerus met diefwering, stap jy die huis binne. Hierdie stoep bied ‘n veilige en rustige plek om te ontspan, en laat jou toe om die voordeur met ‘n geruste hart oop te hou vir vars lugvloei.
Die oopplan sit- en eetkamerarea begroet jou met ‘n gevoel van ruimte en lig, en lei jou natuurlik verder die huis in. Aan die linkerkant vind jy die ruim hoofslaapkamer, wat gemaklik ‘n koningsgrootte bed, bedkassies aan beide kante, en ‘n spieëlkas kan akkommodeer – met genoeg vloerspasie oor.
Die tweede slaapkamer, geleë links van die kort gang wat uit die sitkamer lei, is ook ruim genoeg vir ‘n dubbelbed of selfs groter, met bykomende meubels soos ‘n spieëlkas en bedkassies. Albei kamers het meer as genoeg kaste.
Die ligte, netjiese badkamer is toegerus met ‘n bad, stort, wasbak en toilet – alles wat jy nodig het vir gerief en funksionaliteit.
Aan die einde van die gang vind jy die kombuis, kompak maar prakties uitgelê, met ligte kaste wat die ruimte oop en vars laat aanvoel.
Direk vanaf die kombuis stap jy in ‘n verrassend groot ekstra vertrek – groter as ‘n standaard enkel motorhuis. Hierdie spasie bied volop moontlikhede: dit is ideaal as ‘n waskamer, TV-kamer, tuiskantoor, of selfs ‘n derde slaapkamer. Hierdie waardevolle toevoeging maak die eenheid besonders funksioneel.
Hierdie vertrek bied ook direkte toegang tot die toesluit motorhuis, en langsaan is daar ‘n handige stoorkamer vir ekstra opberging.
Die eiendom is toegerus met voorafbetaalde (prepaid) elektrisiteit en water, wat finansiële beplanning deur die maand soveel makliker maak.
Moenie hierdie geleentheid misloop nie – skakel my vandag nog om ‘n besigtiging te reël.
                    
                        Monthly Levy
                        R1,193
                      
                        Monthly Rates
                        R589.17
                      
                        Total
                        
                        R1,782.17
                        
                    Features
                      Interior
                      
                      Exterior
                      
                      Sizes
                      
                      Additional Amenities
                      
                      Listing Info
                      
                  Finance
                        Total Amount Repayable
                        
                      R0,00
                        Monthly Repayment
                        
                    R0,00
                    Calculators:
                    
                Disclaimer
While every effort will be made to ensure that the information contained within the Century 21 South Africa website is accurate and up to date, Century 21 South Africa makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.