R985,000

R985,000

3 Bedroom House For Sale in Mookgopong
3
Bedrooms
2
Bathrooms
Suzette Van Staden
Suzette Van Staden

Netjiese knus dog ruim genoeg 3 slaapkamer, 2 badkamer grasdak te koop

Web Ref. BSH-RS00827
Floor size 84.00 m²
Monthly Bond Repayment
R9,834.04
Netjiese knus dog ruim genoeg 3 slaapkamer, 2 badkamer (1 en-suite) grasdak te koop in die gewilde Die Oog aftree Landgoed

Stap in na ‘n opgegradeerde grasdak huisie wat uitmuntend onderhou is en ervaar die huis se knus dog gerieflike uitleg. By die voordeur word jy verwelkom deur ‘n sitkamer met gerieflike grootte. Die skuifdeure lei na ‘n gesellige lapa met ‘n ingeboude braai—perfek vir ontspanne kuier. Aan die verste punt van die sitkamer is ‘n veelsydige vertrek wat gebruik kan word as ‘n ekstra slaapkamer, kantoor, of stokperdjie-kamer.

Op die regterkant van die sitkamer is die ruim oopplan kombuis, stylvol ingerig met moderne graniete blaaie, wat nie net duursaam is nie, maar ook maklik is om skoon te hou.

Vanuit die kombuis is die 2de badkamer met hoekbad, wasbak en toilet. Links vanuit die kombuis vind jy die ruim hoofslaapkamer, wel-toegerus met ingeboude kaste en ‘n en-suite badkamer met stort, wasbak, en toilet.

Op die regterkant is ‘n kleiner slaapkamer wat lei na die trappe. Hierdie trappe neem jou na ‘n ruim loft-ruimte waar daar genoeg plek is vir ‘n koningin grootte bed en ‘n enkelbed, of selfs drie enkelbeddens. Hierdie ruimte is ideaal vir kleinkinders se kuier of as bykomende stoorplek, of vir naaldwerk en kunsaktiwiteite. Die trappe is ook slim beplan dat dit ook dien as ekstra pakplek en plek vir boeke uitstal en opberg.

Die huis is smaakvol uiteengesit en ideaal vir iemand wat wil afskaal, maar steeds leefruimte wil geniet.

Die Oog Aftree Langoed bied ook uitstekende geriewe soos ‘n warmwater swembad, sorgeenheid, restaurant, en winkel. Naboomspruit, net 16 km weg, bied geriewe soos ‘n Checkers met 60/60 aflewering en apteke wat gereeld voorskrifte aflaai.

Aktiwiteite wat daagliks in die saal aangebied word, sluit in Pilates, stoelpilates, MAP oefeninge, strek oefeninge, en lyndanse, van beginners tot gevorderde groepe. Buiten dit is daar jukskei, putt-putt, voël- en boomkyk groepe, fietsry, draf, en natuurlike staproetes binne die natuurreservaat. Geniet piekniek en die gevoel van uitgebreide familie.

Die restaurant en eetarea bied bekostigbare boerekos, wat ‘n gevoel van samehorigheid skep. Geselligheid word verder vergemaklik deur die pooltafels op die stoep en die restaurant se daaglikse menu-aanbiedings.

‘n Aktiewe aftrede kry hier werklik betekenis, en hierdie woning is perfek om die reis van die silwer jare te geniet en waardeer.

Skakel my gerus vir ‘n besigtiging en meer inligting asook die moontlikheid om grasdak te vervang en so nog meer waarde toe tevoeg tot die eiendom, sou dit jou droom wees.
Monthly Levy R4,155
Monthly Rates R483
Total R4,638

Features

Interior
3 Bedrooms
2 Bathrooms
1 Kitchen
1 Lounge
Exterior
1 Parking
Sizes
Floor Size 84 m²
Additional Amenities
24 Hour Response
Built In Braai
Smoking Allowed
Lapa
Garden
Paveway
Security Post
Loft Room
Loft room as extra bedroom
Listing Info
Date Listed 04-10-25
Time Listed 12:33

Finance

Total Amount Repayable
R0,00
Monthly Repayment
R0,00
Calculators:
Can't find what you're
looking for?

Disclaimer

While every effort will be made to ensure that the information contained within the Century 21 South Africa website is accurate and up to date, Century 21 South Africa makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.