R1,040,000

R1,040,000

2 Bedroom House For Sale in Mookgopong
2
Bedrooms
1
Bathrooms
Suzette Van Staden
Suzette Van Staden

Te Koop-Die Oog Aftree-Langoed: Uitstekend Onderhoude Opgegradeerde 2-slaap, 1-bad Grasdak Huisie

Web Ref. BSH-RS00818
Monthly Bond Repayment
R10,383.15
Te Koop by Die Oog Aftree-Langoed: Uitstekend Onderhoude Opgegradeerde 2-slaap, 1-bad Grasdak Huisie

Hierdie pragtige, opgegradeerde grasdak huisie is uitstekend onderhou en perfek geleë binne die gewilde Die Oog Aftree-Langoed. Die woning bied 'n kombinasie van stylvolle leefruimte, praktiese uitleg en toegang tot 'n aktiewe, gemeenskapsgerigte leefstyl – ideaal vir diegene wat hul goue jare voluit wil leef.

By binnetrede word jy verwelkom in ‘n oopplan leefarea wat die kombuis, eetkamer en sitkamer insluit – 'n ruim, liggevulde ruimte wat ideaal is vir ontspanning of kuier. Die kombuis is modern en toegerus met graniet werkblaaie – nie net esteties aantreklik nie, maar ook duursaam en maklik om skoon te hou.

Die woning beskik oor twee slaapkamers met een badkamer gerieflik geleë tussenin. Die hoofslaapkamer is ruim en is verder opgegradeer met ekstra ingeboude kaste vir genoegsame berging.

‘n Glaspaneel-skuifdeur in die sitkamer lei na ‘n pragtige ingeboude braai-area en lapa – perfek vir buitelug-kuiergeleenthede saam met familie en vriende. Die erf bied genoeg spasie vir gemaklike buitelewe, met ‘n rustigheid wat net die bosveld kan bied.

Langs die kombuis lei houttrappe na ‘n knus solder (loft), wat volop ruimte bied vir twee enkelbeddens – ‘n ware avontuurplek vir kleinkinders, of alternatiewelik as ekstra stoorplek of ‘n kreatiewe ateljee vir naaldwerk, kuns of stokperdjies.

Die eiendom sluit ook ‘n afdak in vir veilige parkering van jou voertuig.

Leefstyl en Geriewe
Die Oog bied ‘n unieke aftree-leefstyl waar jy werklik die slagspreuk "aktiewe aftrede" in aksie sien. Die gemeenskap spog met:
Warmwater-swem – ideaal vir ontspanning, geselskap of net stil oomblikke onder die sterrehemel.
Sorgeenheid, restaurant en winkeltjie op die perseel vir daaglikse gerief.
Mediese geriewe: Apteke in Naboomspruit (slegs 16 km weg) lewer daagliks medisyne en maandelikse voorskrifte by Die Oog af.
Checkers 60/60 aflewering beskikbaar – wat inkopies nog makliker maak.
Die gemeenskap is lewenslustig en ondersteunend – mense raak vinnig soos familie.
Aktiwiteite en Gemeenskapslewe

Die Oog bied ‘n ryk program van daaglikse aktiwiteite en sosiale byeenkomste, insluitend:
Pilates, stoel-pilates, MAP-oefeninge, strekklasse
Lyndanse vir beginners tot gevorderdes
Jukskei, putt-putt, voël- en boomkyk
Groepe wat saam fietsry, draf en stap in die natuurreservaat
Pooltafels op die stoep en ‘n restaurant met bekostigbare spyskaarte en spesiale aanbiedinge
Die eetsaal is bekend vir sy lekker en bekostigbare boerekos, wat gereeld vriende om ‘n tafel bymekaarbring – ‘n plek waar stories gedeel en herinneringe gemaak word.
Hierdie woning is nie net 'n huis nie – dis 'n leefstyl.

Of jy nou aktief wil bly, stil oomblikke in die natuur soek, of net jou dae wil vul met goeie geselskap en gemak, bied hierdie huisie alles wat jy nodig het.

Skakel my gerus vir ‘n besigtiging of verdere inligting. Jou nuwe lewe begin hier!

Features

Interior
2 Bedrooms
1 Bathroom
1 Kitchen
1 Lounge
1 Dining Room
Exterior
1 Parking
Additional Amenities
24 Hour Response
Built In Braai
Smoking Allowed
Family / TV Room
Lapa
Paveway
Security Post
Loft
Listing Info
Date Listed 28-09-25
Time Listed 17:04

Finance

Total Amount Repayable
R0,00
Monthly Repayment
R0,00
Calculators:
Can't find what you're
looking for?

Disclaimer

While every effort will be made to ensure that the information contained within the Century 21 South Africa website is accurate and up to date, Century 21 South Africa makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.