R1,000,000
                    
                    R1,000,000
                        
                        2
                      
                      Bedrooms
                    
                        2
                      
                      Bathrooms
                    GERIEFLIKE 2-SLAAPKAMER HUIS MET 2 EN-SUITTE BADKAMERS TE KOOP IN GOLF PARK NABOOMSPRUIT
                      GERIEFLIKE 2-SLAAPKAMER HUIS TE KOOP IN GOLF PARK NABOOMSPRUIT
Hierdie eiendom bied die ideale balans tussen gemak en leefruimte – perfek vir die jong gesin of ouer paartjie wat wil afskaal sonder om op leefkwaliteit in te boet. Die woning beskik oor twee slaapkamers, twee badkamers (waarvan albei en-suite is), 'n toesluit tandem motorhuis en ‘n ekstra klein afdak langs die kant vir 'n waentjie of golf karretjie – alles in 'n veilige en rustige omgewing.
Wanneer jy die voordeur betree, bevind jy jouself in die toegeboude stoep wat koel is in die somer en warm in die winter. Van hier land jy in die oopplan sitkamer/kombuis/eetkamer vertrek wat dadelik ‘n gevoel van gemak skep. Wees deel van die geselskap en kuiers terwyl jy iets te ete voorberei in die pragtige hout kombuis. Links vanuit die netjiese kombuis met genoeg kasruimte, is die hoof slaapkamer met en-suite stort en wasbak. Die toilet is apart en kan ook as 'n gaste toilet dien want dit is net buite die deur van die hoof slaapkamer en dus apart maar ook gemaklik. Reg voor jou is die eetarea, en verder links is 'n deur wat lei na die klein onderdak vertrekkie by die agterdeur wat ook verbind is met die tandem motorhuis. Hierdie gedeelte kan ook aangewend word vir 'n waskamer en opwas. Vanuit die sitkamer regs voor die kombuis is daar toegang tot die 2de slaapkamer met sy en-suite badkamer– uiters gerieflik.
Die pragtige tuin met kleurvolle plante, suurlemoen- en nartjie bome onder andere en die buite braai langs die huis is 'n heerlike area om in te ontspan en onthaal. Daar is 'n groot oopvou sambreel wat vasgebout is vir ekstra koelte onder die bome asook 'n klein teel afdakkie vir ekstra skuiling.
Aan die agterkant van die braai is die gereedskapshuisie en 2 JoJo tanks met 2000liter elk en drukpompe vir gemoedsrus in tye van water krisisse.
Hierdie eiendom het ook 'n parkie aan hierdie sy van die erf waar jy kan stap of kinders rustig kan speel. Daar is dus net bure aan 2 kante van die woning.
Die toegang tot die kompleks is 24uur beman deur sekuriteit en die koste huidiglik is slegs R270 per maand! Daar is 'n kultuur van omgee en inwoners neem eienaarskap om areas mooi en instand te hou.
Alle geriewe en winkels asook skole is in 'n 5km radius en daarom is hierdie ideaal vir die klein en jonger gesin of die seniors wat net rustig die laaste fase van hul lewe wil betree.
Skakel my gerus vir 'n persoonlike besigtiging of meer inligting.
                    
                        Monthly Levy
                        R270
                      
                        Monthly Rates
                        R723
                      
                        Total
                        
                        R993
                        
                    Features
                      Interior
                      
                      Exterior
                      
                      Additional Amenities
                      
                      Listing Info
                      
                  Finance
                        Total Amount Repayable
                        
                      R0,00
                        Monthly Repayment
                        
                    R0,00
                    Calculators:
                    
                Disclaimer
While every effort will be made to ensure that the information contained within the Century 21 South Africa website is accurate and up to date, Century 21 South Africa makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.