R2,730,000
                    
                    R2,730,000
                        
                        3
                      
                      Bedrooms
                    
                        2
                      
                      Bathrooms
                    
                        1
                      
                      Garages
                    Moderne Aftree Familiehuis in Die Oog Aftree Landgoed
                      EKSKLUSIEWE MANDAAT - Moderne Aftree Familiehuis in Die Oog Aftree Landgoed – ’n Juweel teen die reenwater afvoerkanaal van die dammetjie met inheemse bos
Hierdie pragtige, moderne en slim-beplande familiehuis is ideaal geleë op ‘n rustige waterloop net onderkant die gewilde Wenassie-dammetjie in Die Oog Aftree Landgoed. Die huis spog met ‘n ononderbroke uitsig oor die bos, waar Njala, bosbokke, muishonde, tarentale, fisante en ’n verskeidenheid kleiner voëltjies en ander bosbewoners gereeld hul verskyning maak – reg op jou drumpel. Die huis het ook 12 sonpanele met 2 5Kw batterye en 'n waterverkoeling sisteem op die dak wat die huis in die somer koel hou sonder die kragrekening en nadele van 'n gewone lugverkoeling waarvoor sekere mense sensitief is. Die 2 ekstra afdakke asook toesluit motorhuis maak voorsiening vir ekstra voertuie en parkeerplek.
INDELING EN LEEFSPASIE:
Sodra jy deur die voordeur stap, word jy verwelkom in ‘n ruim en oop sitkamer met die gerieflike kombuis reg voor jou. Die kombuiskaste is modern met graniet blaaie en daar is ook 'n waterfilter wat veilige drinkwater waarborg.
Links is die motorhuis met direkte toegang tot die huis, asook ‘n netjiese waskamer. Daar is 'n ingeboude staal gereedskapkas wat oopvou as werksbank wat ingesluit is in die koop.
Links vanuit die sitkamer is daar toegang tot die eerste slaapkamer, wat ook gebruik kan word as ‘n studeer-, stokperdjie- of werkskamer – perfek vir enige kreatiewe of administratiewe behoefte.
Die sitkamer / TV-kamer is gesellig en prakties ingerig, met ‘n ingeboude kas vir 'n en ‘n stylvolle drankkabinet – ideaal vir vermaak of ontspanning.
Direk aansluitend aan die sitkamer is ‘n toegeboude stoep met glasdeure, wat as eetkamer dien en ‘n ingeboude gasbraaier bevat – perfek vir binnebraai sonder rook in die huis. Hierdie ruimte vloei uit na ‘n onderdak ingeboude braai-area via skuifglasdeure – ’n wonderlike kuierplek vir alle seisoene en weerstoestande.
SLAAPKAMERS EN BADKAMERS:
Vanuit die sitkamer lei ‘n kort gang na die slaapkamers:
Aan die regterkant is die tweede slaapkamer, met glasdeure wat oopmaak na en uitkyk op die rustige tuin.
Links is die gastebadkamer, volledig toegerus met ‘n bad, stort, toilet en wasbak – modern en netjies.
Aan die einde van die gang is die hoofslaapkamer, wat ‘n asemrowende uitsig bied op die weelderige tuin. Daar is oorvloedige kasruimte aan beide kante van die gangetjie wat lei na die en suite-badkamer. Dié badkamer is ruim en luuks, met granietblaaie, ‘n stort, toilet, wasbak en volop kas- en laairuimte.
TUIN EN OMGEWING:
Die tuin is ruim, privaat en welig – ’n ware oase van rustigheid. Die atmosfeer is kalmerend, met die natuurlike klanke van die bos wat jou heeldag omring. Saans word jy begroet deur die geluide van nagapies, uile, bosbokke wat blaf, en soms die geroep van jakkalse uit die natuurreservaat. Dit herinner jou daagliks aan hoe bevoorreg jy is om in so ‘n natuurlike bosparadys te woon.
DIE OOG – ‘N VOLWAARDIGE AFTREE LEWENSTYL:
Die Oog Aftree Landgoed bied veel meer as net ‘n huis – dis ‘n leefstyl van aktiewe aftrede en gemeenskapsverbondenheid:
Warmwater mineraal-swembad (ideaal vir gesondheid en sosiale kuier)
Sorgeenheid, restaurant, winkeltjie en daaglikse medisyne-aflewering vanaf apteke in Naboomspruit (slegs 16 km weg)
Checkers 60/60 aflewering beskikbaar vanaf die dorp
Restaurant met daaglikse spyskaart en spesiale aanbiedinge
Gemeenskaplike aktiwiteite in die saal: Pilates, stoelpilates, MAP-oefeninge, strek, lyndans (beginner tot gevorderd), jukskei, putt-putt, voëlkyk, boomkyk, fietsry, draf en staproetes in die reservaat
Pool tafels op die stoep en verskeie kuierareas
Inwoners vorm deel van ‘n vriendelike en hegte gemeenskap – soos ‘n uitgebreide familie. Die kos in die eetarea is bekostigbaar en huislik, en bring mense saam om stories en lewenservarings te deel.
Hierdie huis is ‘n perfekte keuse vir iemand wat op soek is na stylvolle, gerieflike aftrede – met al die moderne gemak wat jy nodig het, omring deur natuur, veiligheid en ‘n aktiewe leefstyl. ‘n Plek waar jy werklik kan leef, ontspan en vernuwe – van wysheid tot grysheid.
Skakel my gerus om ‘n privaat besigtiging te reël – hierdie unieke eiendom wag op jou.
                    
                        Monthly Levy
                        R4,370
                      
                        Monthly Rates
                        R1,086
                      
                        Total
                        
                        R5,456
                        
                    Features
                      Interior
                      
                      Exterior
                      
                      Additional Amenities
                      
                      Listing Info
                      
                  Finance
                        Total Amount Repayable
                        
                      R0,00
                        Monthly Repayment
                        
                    R0,00
                    Calculators:
                    
                Disclaimer
While every effort will be made to ensure that the information contained within the Century 21 South Africa website is accurate and up to date, Century 21 South Africa makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.