R2,700,000
                    
                    R2,700,000
                        
                        3
                      
                      Bedrooms
                    
                        2
                      
                      Bathrooms
                    
                        1
                      
                      Garages
                    Pragtige 3-Slaapkamer 2 badkamer huis met uitsonderlike tuin uitsig – Jou Droomhuis in Die Oog Aftr
                      Pragtige 3-Slaapkamer 2 badkamer huis met uitsonderlike tuin uitsig – Jou Droomhuis in Die Oog Aftree Landgoed!
Welkom by hierdie stylvolle en ruim 3-slaapkamer, 2-badkamer huis in die gewilde Die Oog Aftree Landgoed – ’n plek waar rustigheid en leefgerief mekaar ontmoet.
Hierdie huis is perfek vir diegene wat op soek is na ’n sorgvrye, goedbeplande leefruimte, met genoeg karakter en ’n uitsonderlike uitsig oor ’n pragtige, versorgde tuin met terrasvlakke. Die woning bied die ideale balans tussen ruimte, gerief en ’n buitelewe-gevoel – jy leef van binne na buite!
Wanneer jy by die voordeur instap, word jy begroet deur die eetkamer, met genoeg spasie vir ’n eetkamertafel én bankies of gemakstoele vir ekstra sitplek of ‘n sonhoekie en op linkerkant is die oopplan kombuis met ontbythoek, granietblaaie, opwas area en praktiese spens. Die gesellige sitkamer en toegeboude stoep, tans ingerig as ‘n 2de leefarea, is ideaal vir ontspanning of kuier met familie en vriende. Die motorhuis, is toeganklik direk vanuit die vertrek.
Die uitleg van die huis is prakties en goed deurdink:
• Twee slaapkamers en die leefareas kyk almal uit oor die beeldskone tuin – met groot vensters wat lig en natuur insluit.
• Die eerste slaapkamer op linkerkant is ingerig as ’n werkskamer of kantoor, maar kan maklik weer omskep word in ’n volwaardige slaapkamer. Dus is hierdie huis ‘n 2 slaapkamer met ‘n kantoor/werkskamer of kan deurgaan as ‘n 3 slaapkamer met min moeite en verandering
• Die hoofslaapkamer, geleë aan die einde van die gang, spog met ’n en-suite badkamer met bad, wasbak en toilet en genoeg kaste.
• Daar is ook ’n netjies afgewerkte tweede badkamer met stort, toilet en wasbak vir gaste of gesinsgebruik.
• Daar is nog ingeboude kaste in die gang vir linne of ekstra pakplek.
Die tuin is ’n ware juweel – met verskeie terrasse, kleurvolle plante en ’n rustige atmosfeer wat uitnodigend en privaat is. Dis ’n droom vir tuinliefhebbers én vir diegene wat net hul oggendkoffie in stilte wil geniet.
Verder bied die huis waardevolle ekstra’s vir jou gemoedsrus en gerief:
• 4 sonpanele, inverter en battery – vir ’n volhoubare kragtoevoer in tye van deelkrag of onderhoud.
• Die sonkrag-geiser is nog ‘n gerieflike bonus.
Hierdie eiendom is ideaal geleë in ‘n gevestigde deel van die landgoed – ’n seldsame geleentheid vir ‘n rusplek om jou voete uit te skop.
Die Oog aftree Landgoed is bekend vir die leuse “aktiewe veroudering” met aksies soos jukskei, Pilatus en stoelpilatus oefeninge, lyndanse, MAP oefeninge, water arobiese klasse, stap in die Natuurreservaat, Voëlkyk en Boomkyk uitstappies en gereelde pret aande op die stoep tussen Bingo speel en Stomstreke kaskenades ens.
Kontak my vandag om ’n afspraak te maak en jou plek in hierdie vreedsame aftreeparadys te bespreek!
Disclaimer: Century 21 Bushveld strives to provide accurate and up-to-date information. However, we do not guarantee, either expressly or implicitly, the accuracy, completeness, or usefulness of any information presented, and therefore we disclaim any legal liability, whether direct or indirect, related to the information provided.
                    
                        Monthly Levy
                        R4,914
                      
                        Monthly Rates
                        R1,450
                      
                        Total
                        
                        R6,364
                        
                    Features
                      Interior
                      
                      Exterior
                      
                      Sizes
                      
                      Additional Amenities
                      
                      Listing Info
                      
                  Finance
                        Total Amount Repayable
                        
                      R0,00
                        Monthly Repayment
                        
                    R0,00
                    Calculators:
                    
                Disclaimer
While every effort will be made to ensure that the information contained within the Century 21 South Africa website is accurate and up to date, Century 21 South Africa makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.