R780,000

R780,000

2 Bedroom House For Sale in Mookgopong
2
Bedrooms
1
Bathrooms
No Transfer Duty
Suzette Van Staden
Suzette Van Staden

Aftree eiendom in die Bosveld - Te koop of te huur

Web Ref. BSH-RS00753
Floor size 70.00 m²
Monthly Bond Repayment
R7,656.81
Ideale uitspanplek vir persone van 50jaar en ouer, enkellopend of Getroud - Hierdie eiendom is ook te huur!

Hierdie moderne grasdak huisie is die perfekte tuiste vir enigiemand wat ‘n rustige en aktiewe leefstyl in ‘n veilige aftree-omgewing soek. Die huis beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer, met ‘n oopplan leefarea wat die sitkamer, eetkamer en kombuis insluit – alles afgewerk met ligte teëls vir ‘n vars, ruim gevoel. Die hoofslaapkamer is ruim, met ‘n dubbelbed en ingeboude kaste teen twee mure, en twee groot vensters wat sonlig en warmte inlaat op koue dae.
Sodra jy die voordeur oopsluit, word jy verwelkom in die oopplan leefarea wat lei na ‘n patio met ingeboude braai, perfek vir kuier of net om te ontspan. Die klein tuintjie is ‘n vreugde vir enige tuinliefhebber. Vanuit die leefarea lei ‘n kort gang na die tweede slaapkamer aan die regterkant met twee enkelbeddens en ingeboude kaste, die netjiese badkamer in die middel, en die hoofslaapkamer aan die linkerkant.
Die grasdak sorg vir koel temperature in die somer en warmte in die winter, terwyl die hoë plafon ‘n gevoel van ruimte skep. Daar is ook ‘n afdak vir motorparkering, wat ekstra gerief bied. Die "invertor" is 'n gerieflike toevoeging tydens enige krag onderbrekings of beurtkrag.
Hierdie lieflike huisie is geleë in Die Oog – ’n aftree leefstyl landgoed met die leuse: “Aktiewe Veroudering.” Die maandelikse heffing sluit in:
• Versekering op die gebou (eienaar is slegs verantwoordelik vir inhoudsversekering),
• Tuindienste een keer per week, en
• ‘n Skoonmaker vir 2 ure per week binnenshuis
• Vullis verwydering
Eienaars het gratis toegang tot alle fasiliteite, insluitend ‘n groot verwarmde swembad en ‘n pragtige natuurreservaat. Daar word verskeie aktiwiteite aangebied wat die leuse “Aktiewe Veroudering” ten volle ondersteun, soos:
• Put-put
• Glybaan
• Tennisbaan
• Pool- en tafeltennis tafels
• Jukskei
• Pilates (op mat en stoel)
• MAP-oefeninge
• Lyndanse
• Water-aerobics
• Die landgoed is onafhanklik met dienste soos water en riool en die bestuur daarvan is uitstekend.
Daar is ook tans ‘n volledig funksionele sorgsentrum met 29 beddens, en die SAVF vat hande met die ontwikkelaar en gaan ‘n Alzheimer- en Dementia-eenheid en mediese sentrum op die landgoed bou – ‘n waardevolle toevoeging vir toekomstige sorgbehoeftes.
Vir die natuurliefhebber is Die Oog ‘n ware paradys. Die dierelewe is fenominaal en sluit in: bosbokkies, njalas, mongoose, tarentale, fisante, ‘n ongelooflike verskeidenheid voëls, asook die wolstert nagapie en klein nagapies, ens. wat deel vorm van die opwindende naglewe.
Vir die aktiewe ouer garde en natuurliefhebbers is daar niks wat werklik vergelyk kan word met die leefstyl wat Die Oog bied nie.

Disclaimer: Century 21 Bushveld strives to provide accurate and up-to-date information. However, we do not guarantee, either expressly or implicitly, the accuracy, completeness, or usefulness of any information presented, and therefore we disclaim any legal liability, whether direct or indirect, related to the information provided.

Features

Interior
2 Bedrooms
1 Bathroom
1 Kitchen
1 Lounge
1 Dining Room
Exterior
1 Parking
Sizes
Floor Size 70 m²
Additional Amenities
24 Hour Response
Built In Braai
Lapa
Paveway
Invertor
Listing Info
Date Listed 05-05-25
Time Listed 13:29

Finance

Total Amount Repayable
R0,00
Monthly Repayment
R0,00
Calculators:
Can't find what you're
looking for?

Disclaimer

While every effort will be made to ensure that the information contained within the Century 21 South Africa website is accurate and up to date, Century 21 South Africa makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.